Hi Jenny

Jy is seker baie verbaas om te sien dat ek besluit het om te skryf.  Eerstens wil ek vir jou dankie sê vir die briewe en ook dat jy nog in kontak bly.  Ek is ewig dankbaar daarvoor en sal wees.

Jammer dat ek nou eers skryf en vertel hoe my TM begin het en waar ek 5 jaar later is.  Ek het al honderde keer probeer skryf maar elke keer het ek daarteen besluit. Hoekom weet ek nie!

Net kortliks ‘n agtergrond van my lewe.  Ek is in Oos Londen gebore en later Welkom toe verhuis op ‘n jong ouderdom.  Op vyftienjarige ouderdom is ek uit my ouerhuis weggejaag, ek het by ‘n vriend gaan bly en sy ouers het my aanvaar en daar laat bly.  Later is hulle geskei.  Ek is weermag toe en was in een van die weermag se Elite Bataljons.  Klaar met die weermag het ek begin werk.  Later getrou met my vrou wat my nog steeds versorg.  Sy het twee miskrame gehad en ons is daarna met ‘n pragtige dogter geseën.  Ons enigste kind en my prinses.

Op sport gebied op skool het ek rugby gespeel en geboks.  Na skool aangehou met rugby speel to op die ouderdom van 29 jaar.  Die volgende 5 jaar van 1997 tot 2001 het ek comrades gehardloop.

TM het begin to en met vandag.

Op 9 Jqnuarie 2002 word ek in die nag wakker met rugpyn wat ek nog nooit ervaar het nie. Die 10de januarie het ek die dokter gaan sien en hy het my opgeneem met ‘n drup gesit teen daai tyd het die pyn verdwyn.  Die saterdag 12 januarie het die dokter my ontslaan.  Ek het hom gevra wat was dan die oorsaak van die pyn en mage k nog oefen of moet ek rus.  Hy het gesê ek moet rus want dit is spierspasma in die lae rug.  Ek is toe huis toe, later het ek vir my vrou gesê ek voel nie lekker nie.  Ek het toe die hele dag gelê.  Die 12de Januarie die saterdag aand om 6 uur het die rug pyn weer begin, ek is toe ongevalle toe die dokter aan diens het my toe ingspuit en huistoe gestuur.  Hy het geen x strale geneem of ‘n scan gedoen nie.  Om 9 uur is ek terug ongevalle toe met dieselfde pyn en ek het weer dieselfde dokter gesien, hy het my weer ingespuit en gesê my vrou moet bestuur, want die inspuiting sal my lomerig maak.  Om middernag die 12de Januarie 2002 is ek terug ongevalle toe en weereens was dit dieselfde dokter. Hy het my toe opgeneem en in traksie gesit sonder verdere toetse of enige iets. 

Sondag 13de Januarie 2002 die oggend toe kom sien ‘n ander dokter my en sê die dokter wat by ongevalle op diens was het hom ingekry en hom na my toe gestuur.  Hy sal my later deur die dag kom sien.  Hy het toe die traksie afgehaal.  Ongeveer 10 uur die oggend voel my blaas so vol , ek het gann water afslaan maar niks wou uitkom nie, en voel my bene lam en tam.  Ek het toe gaan lê en gedink my bene voel maar so omdat dit in traksie was.  Om 12 uur het ek gevoel ek moet nou gaan water afslaan of my blaas gaan bars.  Ek het opgestaan en drie tree gelopp en inmekaar gesak,waarna my vrou my opgetel het en terug op die bed gesit. Dit was die laaste keer wat ek geloop het.

Hulle het gesukkel om die dokter te kry en hy het 5 uur opgedaag toe voel dit of ek kan vrek van die pyn in my lae rug.  Toe kry die dokter ‘n neurochirug uit om te kom kyk.  Die het eers omtrent half sewe opgedaag.  Hy het x strae geneem en ook ‘n lamberpunch gedoen en gesê hy sien niks fout nie, maar hy gaan my stuur vir ‘n scan, maar die scan werk nie hier so hy sal my moet Bloemfontein toe moet stuur.  Na ‘n lang gesukkel het hulle toe een van die ou ambulans gekry om my Bloemfontein toe te vat, toe is dit al 11 uur die nag. Ek was toe so kwart voor een die nag in Bloemfontein, daar aangekom moes hulle eers die dokter daar bel, want hy bly op ‘n plaas buite Bloem Na omtrent 1 uur later daag hy op en doen toe die scan en sê my toe niks, behalwe dat ek moet stil lê “Hy weet nie waarvan hy praat of wat hy weet van TM nie”

Ons is ongeveer 3 uur die oggend terug Welkom toe, ons het omtrent net na 5 die 14 de Januarie 2002 terug by die hospitaal.  Ek is toe terug gehelp in my bed sonder dat iemand vir my sê wat fout is.  Ek het daar gelê en kan nie vir jou vertel wat als deur my gedagtes gegaan het nie.  My kop het gemaal en gedraai ek kan dit nie beskryf nie.

Omtrent 10 uur die oggend van die 14de Januarie 2002 het ‘n paar dokters om my bed kom staan, hulself nie eers voorgestel nie, maar vir my gesê ek sal nooit weer in my lewe kan lopp nie, date k nou ‘n parapleeg is. Hulle sal reel date k gaan vir rehab..  Om ‘n lang storie kort te maak is ek na 2 weke ontslaan, ek dink dit is een van die swakste rehab centres in die land. Dit was baie polities en in ‘n myn hospitaal. Ek moes maar by die huis met die hulp van my vrou self leer rehab. 

Omtrent ‘n jaar en ‘n half later in September 2003 het ek probleme opgetel met my blaas. Aan die einde van die dag het ek ‘n urostomy sakkie gekry.  Ek dink hierdie was ‘n verkeerde besluit van my, want ek het baie probleme met die stoma wat terug trek of infeksie, Die laaste jaar en ‘n half het e kook baie pyn in my rug, maar pyn wat op en af beweeg in my bene en brand en pyn.  Ek het al vir 3 opinies gegaanen almal sê vir my om morfien stroop te gebruik.  Op die oomblik drink ek dit elke 12 ure. Ek wil nie meer drink soos die dokter gesê het nie want dit is schedule 7.

Ek was 14 jaar lank ‘n passer en draaier op die myn.  Toe is ek gediagnoseer met TM het hulle my ‘n pos aangebied in die bonus department.  Toe Harmony oorneem het hulle die donderdag 20 April 2005 het die Financial manager vir my ‘n brief in die hand gestop en gesê ek hoef nie die volgende dag in te kom nie. 

My vrou het en werk nog steeds vir APD, twee weke na die myn my geretrenche het het die hoofkantoor van Bloemfontein my laat weet ek moet inkom vir ‘n onderhoud.  Ek is toe ‘n pos aangebied om rolstoele te herstel en ook mense te help met hulpmiddels. Ek doen die hele goudveld en is bly om mense te kan help wat gestremd is.  My ambag het my baie gehelp want ek bou monkey chains, rolstoel carriers, commouts. Ek he took ‘n maand gelede vir ‘n ou oom ‘n hidroliese winch gebou waarmee die oom die tannie van die bed optel en in die bad sit en weer terug op die bed.  Hy het ‘n kwotasie gekry vir R8000.00 en ek het dit vir hom gebou vir R2800.00.  Ek kry baie genot uit my werk.

Om klaar te maak, ek hoop nie die brief is te lank nie, maar ek het gevoel ek moet julle laat weet hoe ek TM gekry het..

Dankie dat jy die brief gelees het.  Ek waardeer die werk wat jy vir TM pasiente doen.  As daar ander TM pasiente is wat ook so erg rugpyn he sal ek graag wil hoor wat se medikasie hulle gebruik

Dankie en sterkte vir jou werk wat jy daar doen.

Met dank

Basil

My motto in my lewe is:  Quiters don’t win and winners don’t quit.


Document: http://
Last Modified: